Ontvang 10% afslag op die prys met besprekings via ons webwerf

Fasiliteite by Pinkepank Gastehuis, Plettenberg Baai

Dankie dat u ons webwerf besoek. Kom kuier asseblief ook by ons gastehuis! Ons beloof u 'n wonderlike verblyf. Ons wéét want ons woon waar mense van ooral in die wêreld kom vakansie hou.

Ons verwelkom u met Duitse gasvryheid by ons gastehuis. Dit het moderne, goed-toegeruste dubbel kamers met 'n puik ligging in Plettenbergbaai. Ons is in 'n rustige systraat geleë en teen die sterk wind beskut. Robberg Peninsula Natuurreservaat is naby. Die wonderlike Indiese-Oseaan-strand is net 600m weg en kan dus maklik te voet bereik word. Die dorp met verskeie restaurante is binne 4 minute per motor bereikbaar.

24h krag rugsteun deur fotovoltaïese stelsel met battery geïnstalleer vir ligte en internet.

Ontspan in 'n private atmosfeer! Ons sien uit daarna om u te verwelkom en wens u 'n aangename verblyf toe:

  • Alle kamers het 'n en suite badkamer en 'n groot, privaat balkon met 'n dak of 'n stoep wat direk op die tuin uitloop. Alle balkonne en stoepe kyk uit oor die tuin. Geniet die uitsig oor die Tsitsikamma Berge terwyl u 'n glasie wyn drink met die geruis van die see in u ore
  • Ontspan in privaatheid en geniet 'n aangename verblyf.
  • Helder, aantreklik gemeubileerde dubbelkamers met 'n Afrika-tema.
  • Vir warm dae is daar plafon-waaiers om die lug af te koel.
  • Sonnige terrasse en die swembad in die tuin nooi 'n mens om te kom droom en te ontspan.
  • 'n Vol ontbyt word aan afsonderlike tafels vir elke geselskap bedien om die dag goed te begin.
  • As dit koud is, kan u gesellig in die sitkamer voor 'n warm vuur sit.
  • In u kamer is daar 'n koelkas vir u gerief.
  • Ons diens is vriendelik en bedagsaam en daarop ingestel om u privaatheid in ag te neem.
  • WLAN is beskikbaar 24h / 7 dae.
  • Ons leen strand items teen 'n terugbetaalbare deposito uit (sambrele, strandhanddoeke, strandstoele en verkoelsakke).
  • Elke gastekamer het sy eie, veilige parkeerplek.
  • Kinders van 12 jaar en ouer is welkom:  ons swembad is nie omhein nie, dus moet ons veiligheidswetgewing volg.
  • Ons vestig u aandag daarop dat ons geen troeteldiere toelaat nie.
  • Rook is binneshuis verbode.
Ontvang 10% afslag op die prys met besprekings via ons webwerf