Ontvang 10% afslag op die prys met besprekings via ons webwerf

Pinkepank Gastehuise: Gastekamers.

Dubbelkamers:

  • 24h krag rugsteun deur fotovoltaïese stelsel met battery geïnstalleer vir ligte en internet.
  • Helder, aantreklik gemeubileerde dubbelkamers (34m2 , insl 5m2 badkamer) met ‘n Afrika-tema bied genoegsame ruimte. Alle kamers het dieselfde oppervlakte, toerusting en meubels.
  • Die beddens in die dubbelkamers is spesiaal vervaardig en is as een bed (2,0m x 1,8m) of twee aparte beddens (2,0m x 0,9m elk) beskikbaar. Die beddens het elk ‘n eie matras en ‘n eie duvet vir u gerief.
  • Vir warm dae is daar plafon-waaiers om die lug af te koel.
  • U kan vir uself te alle tye ‘n koppie koffie of tee in u kamer maak.
  • Platskerms-TV is in alle kamers beskikbaar.
  • Elke kamer is toegerus met ‘n kluis.
  • Die kamers word daagliks gediens.
  • Bedlinne is katoen percale vir ekstra gemaklike slaap.
  • Elke kamer beskik oor ‘n klein kroegyskas.
  • WLAN is 24h / 7 dae beskikbaar.

 Badkamers:

  • Alle kamer het gemaklike en suite badkamers met ‘n ruim stort en ‘n toilet,
  • Enkel-mengerkrane ooral.
  • Elke badkamer het ‘n haardroeër en ‘n muurprop (115V/230V) vir u elektriese skeerder.

 Terasse en balkonne:

  • Alle kamers het ruim, onderdak balkonne of terasse (10m2). Die terasse gee ‘n mens direkte toegang tot die tuin. Alle terasse en balkonne kyk uit oor die tuin en die Tsitsikammaberge.

Ander dienste:

  • Ons leen strand items teen ‘n terugbetaalbare deposito uit (sambrele, strandhaddoeke, strandstoele en verkoelsakke).
  • Ons huur dubbelproppe vir Duitse proppe teen ‘n terugbetaalbare deposito uit. Proppe kan ook van ons aangekoop word.
  • ‘n Wasserydiens kan vir u gereël word.
  • Daar is ‘n kaart van Plettenbergbaai en omgewing in elke kamer om u met die beplanning van u uitstappies te help.
  • WLAN is beskikbaar.
  • U kan fakse van die kantoor stuur.
  • Ons diens is vriendelik en bedagsaam en daarop gesteld om u privaatheid in ag te neem.
  • Ons sal u graag behulpsaam wees met restourantbesprekings ens.

 Ander: 

  • Kinders van 12 jaar en ouer is welkom: ons swembad het geen heining nie en ons moet dus veiligheidswetgewing volg.
  • Ons vestig u aandag daarop dat ons geen troeteldiere toelaat nie.
  • Rook is binneshuis verbode. 
Gaan terug
Ontvang 10% afslag op die prys met besprekings via ons webwerf